Stel een vraag

Met het formulier hier onder kunt u contact op nemen met boekwinkel Q Books.


 

Willie Steyn - Die Groot Boere-Ontsnapping

De vraag gaat over de volgende titel:

Afbeelding: Willie Steyn - Die Groot Boere-Ontsnapping
Schrijver: Willie Steyn
Titel: Die Groot Boere-Ontsnapping
ISBN:
Uitgever: Cederberg
Bijzonderheid:
Prijs: € 10,00
€ 5,50
Meer info 2015 sagteband met 168 bladsye in mooi toestand.
Hierdie boek is Willie Steyn se eerstehandse weergawe van wat ongetwyfeld die grootste ontsnappingsveraal van die Anglo-Boereoorlog is. Hy was een van seshondred Boere wat per skip na die eiland van Ceylon gestuur is om daar in die Diyatalawa-kamp geïnterneer te word. Die skip was op 'n donker, maanlose nag in die hawe van Colombo vasgeanker toe Steyn en vier van sy mede-gevangenes een-een met 'n tou in die water afsak terwyl Britse soldate om die skip patrolleer.

Die bekoring van Willie Steyn se persoonlike weergawe lê in die onderbeklemtoning en die feitlike eenvoud daarvan. Hy probeer homself nie as 'n held voorstel nie en maak geen aanspraak op roem nie, maar die intensiteit en krag van die vertelling verhoog namate dit ontvou. Vanaf die oomblik dat hy op die slagveld gevange geneem word, het Willie Steyn een doel voor oë: Hy gáán ontsnap. Die leser word bewus van hierdie dwingende dryfkrag, en leer Willie ken as 'n ongebonde gees, wat selfs in gevangenskap nooit sy brandende begeerte en vasberadenheid om tot die stryd terug te keer, verloor nie.

Deneys Reitz - skrywer van Kommando en bekend vir sy eie dapperheid - het in 1903 Steyn as 'een van ons dapperste burgers' beskryf, en sy ontsnapping as 'n daad 'sonder weerga in die geskiedenis van ontsnapping' genoem.
Boek bekijken

Q Books uit Heerlen

particulier

De verkoper zal binnen 3 werkdagen contact met u opnemen om de koop verder af te handelen.